Die Gereformeerde Kerk Stellenbosch het ‘n redelike klomp studente wat saam groei in hulle verhouding met God en met mekaar. Hulle staan bekend as GS²V³ (Gereformeerde Studente Stellenbosch).
Kuier na kerk
Na die Sondagaanderedienste om 18:30 (wat gefokus is op die student) is daar ‘n koffie-kuier-kontak geleentheid waar ons opvang met wat in elkeen se lewe gebeur en sommer net “saamwees”.
Uitreike – Stellenbosch
Daar word jaarliks ‘n uitreik in Stellenbosch-omgewing vir ‘n aantal dae gehou net na die Junie–eksamen. Daar word skole besoek, huisbesoeke in Idasvallei, kinderbediening, haweloses bedien, samewerking met die Youth Shelter, hospitaalbesoeke en ook bejaardes bedien. Dit is ʼn besonderse geleentheid om te groei, nuwe perspektief oor die lewe te kry en inderdaad ʼn verskil in ander mense se lewens te maak.
Daar is ook daguitreike wat elke kwartaal gehou word.
Bybelstudie/Kleingroep
Daar is twee student Bybelstudie/Kleingroeppe wat onderskeidelik Maandae en Donderdae 18:30 by ons kerkgebou gehou word.
Braai
Daar word gereeld ‘n bring-en-braai gereël (meestal by ons kerkgebou se braai-area), om saam te kuier en nuwe mense te ontmoet.
Nooi en bring gerus vriende saam!!
Eerstejaarkamp
Daar word jaarliks ‘n eerstejaarkamp net voor die Universiteit van Stellenbosch begin vir ongeveer vier dae gehou.
Dit is ‘n geleentheid om te groei, die mede nuwe eerstejaars te ontmoet en net iets anders te beleef.
Meer inligting kan by die predikant ds Johan van Heyningen (082-929-1733) verkry word.
Comments are closed.