Studente

Ons jaarlikse eerstejaarskamp vind plaas van 9 - 13 Januarie 2010. Klik hier om in te skryf en meer uit te vind.

Daar is ongeveer 80 studente in ons gemeente; sommige uit die hartjie van die Karoo en ander sover as Bloemfontein, Pretoria, Natal en Namibië. Hulle funksioneer onder 'n sytak van ons leivoor vir bediening naamlik GS2.

'n Paar jaar gelede is 'n koffiekamer aangebou waar Bybelstudie en Sondae-aande Koffiedrink nou op 'n weeklikse basis geskied. Kampe, toere en uitreike word jaarliks beplan.

Studente is ook by ander leivore van die gemeente betrokke. Die leivoor vir warmhartigheid het 'n spesiale sytak van plaaslike lidmate wat as 'aanneem ouers' optree vir studente wat van baie ver af kom.

Vir meer inligting, kontak ons by:
studente@gkstellenbosch.co.za

Laaste opdatering: 2010-08-29