Leivore

Die Gereformeerde Kerk Stellenbosch bestaan nie ter wille van homself nie.

Die Here het ons in Stellenbosch geplaas om 'n verskil te maak in die gemeenskap. Ons kan alleen 'n verskil maak as ons in gehoorsaamheid die Here se genade en liefde aan die gemeenskap bedien en uitleef.

Om dit te kan doen moet ons self deel in die Here se liefde en genade; daarom is dit vir ons belangrik om mekaar in die gemeente met God se liefde en genade te bedien.

Ons wil 'n leivoor van God se genade en liefde na mekaar en na die wêreld toe wees.

Laaste opdatering: 2010-08-29