Welkom
Die Gereformeerde Kerk Stellenbosch is in die hartjie van die dorp, digby die Universiteit geleë en behoort aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Lidmate bestaan uit permanente inwoners sowel as 'n groot aantal studente.
Ons glo in die Drie-enige God (God die Vader, die Seun en die Heilige Gees) en ons belydenis is gegrond op dié belydenisskrifte.
Eredienste vind elke Sondag asook op Goeie Vrydag, Hemelvaart- en Kersdag plaas. Alle eredienste word deur Ds. Johan van Heyningen gelei, tensy anders aangedui.
Ons doel is om 'n leivoor van God se liefde vir mekaar, na die wêreld, tot eer van God en tot uitbreiding van Sy koninkryk te wees. Ons gemeente funksioneer deur 'n stelsel van leivore wat verskillende dienste binne en buite die gemeente lewer (kyk onder die skakel Leivore).
Oggenddiens - 05 September 2010, 09:30
Skriflesing: Levitikus 16
Preekskema: Die Jode vier vanjaar hulle Groot Versoendag op 8 September. In die tyd van ou Israel is die ritueel van ‘Azazel’ (die sg. ‘sondebok’) onder andere op dié dag uitgevoer. Ons lees in Lev 16 dat twee bokke voor die priester staangemaak is en dat die lot gewerp is om te beslis watter bok as sondoffer geslag en watter een die woestyn ingestuur moes word. Laasgenoemde bok is beskou as een wat vir Azazel bestem is. Die betekenis van die woord ‘Azazel’ (in Lev 16:5-10; 20-22; 26) is nie duidelik nie, en wat beteken dit om ’n bok vir Azazel te stuur? Hou dit in dat Israel se sondes deur Azazel gekanselleer word? Of het dit iets te doen met die gewoonte wat baie het naamlik om hulle sondes altyd op iemand anders te wil pak? ’n Leidraad in hierdie verband is die gebruik in die OT om twee persone/sake in ongelyke posisies teenoor mekaar te plaas.
Prof. Hennie Kruger is vanoggend die prediker.
Aanddiens - 05 September 2010, 19:00
Ds. Johan Fleischmann is vanaand die prediker.
