Gereformeerde Kerk Stellenbosch
Opinie gevra: Hersiene teks van Psalms en Skrifberymings
Die GK sang-deputate het die eerste proefuitgawe van die hersiene teks van die Totius-Psalms en Totius-Skrifberymings beskikbaar gestel vir kommentaar vanaf die gemeentes.Die strekking van die teks bly nog dieselfde,  maar enkele woorde is meer verstaanbaar gestel,ander bygevoeg of weggelaat. Die Stellenbosch GK gemeente neem ook deel aan die toets-gebruik van hierdie hersiening, en terugvoering sal aan die deputate stuur word. Nie al die Totius-psalms wat gesing gaan word sal noodwendig die hersiene formaat wees nie. Voorlopige aanduidings van die nuwe formaat word gegee met die jaar 2009 bo of langs die teks. Waar woorde van die vorige Totius teks weggelaat is in hierdie proefuitgawe,  sal dit  met  ‘n duidelik sigbare  (-) aangetoon en veranderings in ’n ander kleur.  Hierdie proefuitgawe se woordveranderings raak natuurlik nie die Cloete beryming van die Psalms nie,  en ook nie die nuwer Skryfberymings nie.
Verklaring van die Owerheidsdeputate van die Algemene Sinode
Die Skriba's
Kerke in ressort van Klassis Boland.
Namens u Klassisdeputate vir Owerheids- en Ekumeniese Sake stuur ons graag die onderstaande verklaring deur die Owerheidsdeputate van die Algemene Sinode aan u kerkraad deur. Dit sal waardeer word as u dit op een of ander wyse onder aandag van u lidmate kan bring.
OPROEP NA DIE MOORD OP MNR EUGENE TERRE'BLANCHE
Die onsinnige moord op Mnr. Eugene Terre'Blanchè onderstreep weereens hoe broos die demokrasie in ons land is. Hierdie enkele gebeurtenis ontketen gemoedere en beklemtoon opnuut hoe nodig ons die Here se genade het om in vrede en wedersydse begrip saam voort te leef. Hierdie tye toets die kwaliteit van ons Christenskap en eis dat ons Hom werklik sal navolg as Hy sê: "Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word (Mt 5:9).
In die lig van die Woord van die Here doen ons 'n beroep op verantwoordelike en nugtere optrede. Waar mnr. Terre'Blanchè juis oor die paasnaweek vermoor is, wil ons die aandag vestig op die woorde van ons Here Jesus aan Petrus die aand van sy gevangeneming: "Sit jou swaard in sy plek terug, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom." Laat ons waak teen die onsinnige spiraal van geweld en wraak wat duisendes vernietig. Ons pleit by alle landsburgers, spesifiek aanhangers van die AWB, om biddend na te dink oor die Here se opdrag in Romeine 12:18: "Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: "Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld," sê die Here."
Met spyt getuig ons teenoor die staatspresident, mnr. Zuma,  dat hy tans ernstig nalaat om op 'n verantwoordelike wyse leiding te gee . Christene verwag op grond van die Bybel dat die leier van 'n land 'n voorbeeld moet stel om  geweld ten alle koste te bestry. U huiwering om radikale individue en opruiende liedere in eie geledere te repudieer, lei tot die uitstuur van 'n dubbelsinnige boodskap na landsburgers met betrekking tot versoening, geweld en die oppergesag van die reg.  U kan nie die noodsaaklike leiding neem vir nasiebou en vreedsame naasbestaan in Suid-Afrika, en terselfdertyd swyg wanneer u ondersteuners opruiende uitsprake uiter en liedere soos "Skiet die boer" sing nie.  Enige vorm van haatspraak is strydig met die Skrif en ons land se Grondwet.  Die feit dat die ANC liedere van haatspraak beskou as deel van sy historiese erfenis, laat vrae ontstaan oor die morele grondslag van die ANC.
Ons doen  'n beroep op alle Christene in Suid-Afrika om deur voorbeeld en voorbidding mee te werk tot vrede in ons land. Ons pleit  by die regering om daadwerklik daarin verantwoordelike leiding te gee deur voorbeelde te stel om die gesag van howe te erken wat perke plaas op haatspraak sodat ons land nie in vlamme van haat geweld en moord vernietig word nie.
Ons doen ook 'n beroep op die regering om as dienaar van God baie ernstig nuwe en kreatiewe aandag te gee aan die beveiliging van plaasbewoners (Rom 13:1-7).
Verklaring uitgereik namens die Deputate deur:
Ds. Cassie Aucamp (Voorsitter)
082-377 1112
Dr. Nico Vorster (Skriba)
012-5432591
U Klassisdeputate het ook 'n skrywe ontvang van 'n aantal geloofsorganisasies wat kerke insluit. Dit handel ook oor die huidige gespanne toestand in ons land. Aangesien u deputate  ook die opdrag het om u ingelig te hou oor plaaslike ekumeniese sake, sluit ons iets in die verband in: Die skrywe bestaan hoofsaaklik uit die aanhaal van 'n aantal Bybeltekste wat betrekking het op sake wat in die huidige gespanne klimaat in die brandpunt staan. Ons gee slegs die teksverwysings deur. U kan dit vir u eie doeleindes naslaan: Gebed vir jou vyand: Luk. 6: 27 en 28 Oor boosheid en vergelding: Rom 12: 17-21, Rom. 12:19, Mat.5:39, Rom. 2:1 Sake soos vuil taal, woede, die waarde van opbouende woorde en ook bitterheid, hartlikheid,en vergewensgesindheid word aangespreek in Ef. 4:30-32, Mat. 6:12-15, Mat. 18: 21-35,Luk. 23:34, Mat. 15:19 en Luk. 6:45, Ons stry 'n stryd teen bose magte (Ef. 6:45)
Dankie vir kennisname.
Ds Anton van Rensburg (Skriba, Deputate Owerheid en Ekumeniese Sake, Klassis Boland.)
Ds Rodney van Wyk (Sameroeper)
012-5432591
Per e-pos ontvang op 13 April 2010
Verhoudinge
Strukture, besige skedules, aktiewe programme, klomp dinge aanbied => 'n oorvol jaarprogram. Is dit hoe ons kerke getipeer kan word?
Hoe kry ons meer mense betrokke? Meer organisasie!!  Meer programme!! ....Regtig ?!?
* God is ons Vader -> verhouding
* Jesus noem ons sy broers -> verhouding
* Die Heilige Gees is ons Trooster en Leidsman -> verhouding
* Medegelowiges is broers en susters in die Here -> verhoudinge
Iemand sê dat kerke baie keer "PGO" kerke is: "Program Georiënteerde Ontwerp"
* Solank die programme aan die gang is en daar baie aktiwiteite is, is ons tevrede - die kerk is mos aktief.
* Feit is: Om 'n PGO kerk "aktief" te hou, d.w.s. om al die programme aan die gang te hou, is nie meer as 10-15% van die lidmate nodig nie.
KERK MOET VERHOUDINGS WEES
Verhouding met God, Verhouding met medegelowiges
Nie moets, moenies, baie dinge doen,
maar eerstens verhouding met die lewende God.
Nie mense alleen deel van programme maak nie
maar mense in verhoudinge met mekaar in Christus.
Ek wil by jou as persoon uitkom: Wie is jy?  Wat gebeur in jou lewe? Hartseer? Vreugde? Moedeloos? Ons is deel van een liggaam - Sy liggaam.
Programme en strukture weggooi?? ...	Nee!!  .... Maar ja
* as programme nie kom vanuit verhoudings of soek na verhoudings nie.
* as programme verhoudings wurg.
* as programme verhoudingloos is.
Programme moet wees ter wille van verhoudings
Verhoudings: Mekaar liefhê,  Mekaar se laste dra, Mekaar vermaan, Mekaar dien
maar ook dan: Verhouding met hulle wat soek:  hulle wat Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe nie ken nie.
Belangrik, eerstens, primêr: VERHOUDINGE.
Terugvoer gemeentegesprek 14 Nov
Verlede Saterdag is daar onder leiding van die bedieningsleivoor saamgedink en gebid oor die bediening. Natuurlik is dit ‘n voortdurende proses waar elkeen se gedagtes, saambid, en saamdink belangrik is. Enkele gedagtes:
Stephan Joubert sê in sy boek  “Radikale Jesus” dat kerke wat binne die uitdaging van ons tyd groei, is kerke wat:
- Eerder verhouding gedrewe as programgedrewe is.
- Eerder spontaan as gestruktureerd funksioneer.
- Eerder organies as bestuursgedrewe is.
Ons kan nie maar vassteek by vorme en die verandering van vorme nie, die dinge waaroor daar dikwels soveel debat gevoer word, dra dikwels weinig by tot ons groei in ons verhouding met God.
Dit is belangrik dat ons weet wat die groot dinge is wat ons as gemeente moet doen en fasiliteer, wat ons hoofdoelwitte moet wees.
Daarom is veral besin oor hoe ons as gemeente nog meer kan groei in ons verhoudinge:
- Ons elkeen se verhouding met God.
- Ons verhouding met mekaar in die gemeente.
- Ons verhouding met mense wat nie deel van die gemeente is nie.
Verhouding met God
?? - 	Beleef ons al hoe meer God as ons Vader en Leidsman?
Vertrou ek Hom al hoe meer in die dinge van my lewe?
Beleef ek meer die vrug van die Gees (liefde, vrede, vreugde, geduld, goedhartigheid, nederigheid, selfbeheersing, vriedelikheid, getrouheid) in my lewe
>>  Om optimaal te kan groei in ons verhouding met God
- moet ons meer tye hê waar ek bewustelik stil (alleen) by God is, dalk ook meer stiltetye (gebed) in ons gesamentlike byeenkomste, en op kampe.
- het ons mekaar nodig as verskillende dele van dieselfde liggaam. Ek kan dus nie optimaal groei as ek my verhouding met God bloot my eie saak wil hou nie.
- Miskien kan ons daaraan dink om 2-2 of 3-3 verantwoordelikheid vir mekaar in besonder te neem,  o.a deur vir mekaar te bid (geloofsbuddy’s)
- moet ons mekaar met meer vrymoedigheid uitvra oor hoe dit tans in jou verhouding met God gaan.
Verhoudinge met medegelowiges in gemeente
?? -	Leef ons naby genoeg aan mekaar dat ons regtig insette kan gee in mekaar se lewe
Het jy ten minste 10 mense in die gemeente (nie familie) vir wie jy gaan SMS of vertel as jy ‘n nuwe kar gekoop het, ‘n krisis het, ’n goeie grappie gekry het, raadsoek, of moedeloos is.
Groei ons in die “lekker” van saamwees?
>>  Om optimaal te kan groei in ons verhouding met mekaar:
- Moet ons in kleiner groepe, in nouer verhoudings met mekaar saamleef.
- Moet ons verby die vernislagie verbintenis kom en dinge met mekaar deel wat regtig saakmaak.
- Eredienste moet dalk uitgebou word om meer mekaarbediening tydens ons gesamentlike byeenkoms te laat realiseer
- Moet ons meer saam bid.
- Moet ons meer ruimte skep vir die verskeidenheid van mense en gawes wat God in die gemeente plaas.
- Meer kommunikeer oor van siekte, nood, vreugdes via epos en SMS
- Moet ons dink om eredienste (veral aanddienste) meer interaktief in te rig.
Verhoudinge met mense buite die gemente
?? - 	Staan ek in verhoudings met mense by my werk, spot, leef omgewing, sodat ek teenoor hulle kan getuig van wie God in my lewe is.
Watter armes, randfigure of eensames ken my op my naam omdat ek tans besig is om hulle te bedien en te ondersteun?
Hoe en waar beïnvloed ek mense doelbewus tov hulle siening oor God
>> Om optimaal te groei in verhoudige met mense buite die gemeente
- moet ons mekaar, tydens kleingroep geleenhede, wyksbyeenkoms, spesiale geleenthede, bemoedig en toerus om met vrymoedigheid te kan getuig waar ons werk en leef
- leer om te praat  oor my geloof in ‘n veilige omgewing van ‘n kleingroep of wyk.
- meer mense nooi na aktiwiteite van die gemeente soos eredienste, kleingroepbyeenkomste en kampe.
- meer geleentheid gee vir getuienis tydens ons gesamentelike byeenkomste om mekaar te bemoedig oor wat die Here in ons lewens en werkomgewing doen.
- Daadwerlik uitreik, ook na ons onmiddelike omgewing
==>> Ons beleef verhoudinge! Ons wil dit nog meer beleef!
Ander sake wat genoem is waaroor ons ook in besonder verder moet saambid en dink is:
= Jeugbediening en katkisasie en die rol van ouers in die jeugbediening
= Dat ons insette kry van buite, (ander gemeentes en kerkverbande) oor hoe hulle prakties lidmate help om te groei
Ons kan saampraat en saambid oor wat ons as gemeente moet doen, maar as dit kom by die doen moet elkeen homself/haarself afvra wat moet ek doen om bg te laat realiseer.
Praat saam:  met mekaar, via ouderling, Ds Johan, op blog.
Johan van Heyningen (nms Bedieningsleivoor)
Waaroor wil julle graag blog?
Ek, die tot-nou-toe anonieme blog-administreerder, wil graag vir almal om verskoning vra dat ek so lanklaas iets nuuts op die blog gesit het. Ja, ek was relatief besig, maar dit is nie 'n verskoning nie. Ek sal meer in die blog kom insit.
Ek wil graag hoor by julle almal: wat wil julle hê van die blog? Watter tipe inskrywings is vir julle interessant en/of relevant? Moet dit 'n kennisgewing-bord rol speel, m.a.w. iewers waar mens kan kom kyk wat gebeur binnekort in die gemeente? Moet dit meer soos 'n besprekings-forum wees? Beide, of dalk iets anders?
Ek wil dit ook graag duidelik maak dat enige gemeente-lid meer as welkom is om ook inskrywings hier te kom opsit, oor enige onderwerp wat betrekking het op ons gemeente, die Gereformeerde Kerk, of enige iets anders wat vir julle interessant is. As jy graag iets op die blog wil kom sit, sal ek vir jou 'n gebruikersnaam skep met jou eie wagwoord, en dan kan jy self enige tyd inskrywings kom maak, of andersins kan jy dit wat jy graag wil opsit stuur aan "blog@gkstellenbosch", en dan sit ek dit graag namens jou op.
Urna se baba-tee
www.facebook.com/album.php?aid=318040&id=846640051&l=41213af306
Kerkwees
Kerkwees (soos God dit bedoel) maak my opgewonde
*  Christus is die hoof van die kerk, die kerk is nie ons s’n nie
Erken ons dit? Luister ons na Hom soos Hy Sy wil oor kerkwees in Sy Woord openbaar.
*  Vrae om te vra as ons onsself as kerk wil meet:
*	Kom daar mense tot bekering (Mat 28:19, Hand 1,4,8)
*	Groei mense tot geloofsvolwassenheid in die kerk (Mat 28:19, Ef 4:16, Kol 2:19, Ef 4:13)
*	Maak ons ’n verskil in ons gemeenskap (Matt 25:34-36, Jakobus 1:27)
*  Hoe?
1.	 Bid : bid vir groei, vir mekaar, vir leiers, vir vrymoedigheid.
2.	Leef self in 'n  persoonlike verhouding   met God. Kerk is mense wat werklik 'n persoonlike verhouding met God het.
3.	Hê ‘n  verwagting  van wat God gaan doen. Verwag groei, verandering, dat God deur ons sal werk.
4.	Ons moet die  evangelie verkondig
•	Dis ‘n opdrag
•	Die genade wat ons beleef dring ons
•	Die werklikheid van die nood dring ons.
•   Eerste strategie vir uitreik: praat met almal, oral waar jy kom, oor die Here. Sover as wat die gelowiges gevlug het, het hulle die evangelie verkondig (Hand 4:8).
•	Raak betrokke: gebed, getuig, geld
•	Invloedsruimtes: 70, 120, 3000, oneindig
•	70m van jou lessenaar.
•	120m van waar jy bly.
•	3000m van waar jy aanbid (kerkgebou).
•	oneindig oor grense heen.
5.	Elkeen het ‘n  unieke plek en funksie   in die gemeente. Moet nie twyfel dat die Here jou wil gebruik nie, moenie dink ek moet noodwendig dinge doen soos ander mense nie.
6.	Strewe na  effektiewe strukture/vorme   wat die beginsels  en opdragte van kerkwees dien.
7.	Kerkwees vra  verbintenis  en opoffering. Om onsself te gee as lewende offer tot eer van God. Kerkwees kan nie afgewater word tot ‘n mensgemaklike instansie nie.
8.	Kom saam in die  gesamentlike byeenkomste   (eredienste). In die byeenkomste staan die Woord sentraal, kontekssensitief en om die Here met jou hele hart en in opregthed saam te loof is kernaspekte.
Vyf paddatjies sit op die damwal: drie besluit om af te spring, hoeveel bly oor?….. vyf natuurlik, hulle het net  besluit  om af te spring. Ons moet nie net hoor en dink en besluit  nie, maar  doen  en dit deel maak van die praktyk van ons lewe en kerkwees.
Stiltetyd / Alleentyd / Persoonlike tyd saam met die Here
In die gejaagde wêreld sukkel ons so om tyd te maak, plek te kry, om by die Here stil te sit en perspektief oor ons lewe te kry. Dis juis daar waar ons Sy liefde opnuut beleef, prioriteite bepaal, en dan vanuit God se vrede, genade en liefde leef en nie vanuit die gejaagtheid van hierdie wêreld nie.
Jou opinie word gesoek! (Nagmaalbediening in banke?)
Daar is 'n versoek van 'n gemeentelid dat die gemeente se opinie en gevoelens gevra word rondom die bediening van Nagmaal in banke.
Hoe so iets sou werk: Daar is nog steeds 'n tafel voor in die kerk waar gemeentelede kan gaan aansit en van waar die predikant dan Nagmaal bedien, maar van daar af stap die diakens met die brood en wyn (hetsy in kelkies of bekers) na die banke toe en dan kan gemeentelede wat verkies om nie voor na die tafel toe te gaan nie, so in die banke nagmaal gebruik.
Verskeie gemeentes (o.a. Strand, Kaapstad en Bredasdorp - selfs Brooklyn waar ds. Johan voorheen was) het al vir jare hierdie gebruik, met groot sukses.
Die voordeel van so 'n stelsel is dat die hele gemeente dan as't ware SAAM kan Nagmaal gebruik, en dit sal ook makliker wees vir byvoorbeeld gesinne met klein kinders wat nie hulle kinders alleen in die banke wil los nie.
Alle opinies of idees rondom hierdie konsep is welkom! Kom sê asseblief vir ons wat jy dink en voel. Jy kan ook anoniem bly as jy wil - vul bloot 'n skuilnaam in by die blokkie in die kommentaar-opsie wat vir jou naam vra.
Ek wil dit net duidelik maak dat hierdie voorstel nie op hierdie stadium voorgestel is aan die kerkraad, of van ds. Johan af gekom het nie. Die idee is net om uit te vind hoe gemeentelede sou voel oor so 'n stelsel.
Reaksie van Gespreksgroep 2009 op Sinodebesluit
Reaksie van Gespreksgroep 2009 op
"Gaan die Dopperkerk skeur?"
Voorwoord
Hierdie skrywe ontstaan in ’n tyd wat dit nie goed gaan met dr Neels Smit, se gesondheid nie. Dit maak ’n reaksie op sy Gaan die Dopperkerk skeur  moeilik, omdat noodwendige kritiek en verskil van mening (in onderstaande dokument), as onsensitief ten opsigte van sy persoonlike omstandighede beskou kan word. Dit is geensins so bedoel nie. Ons verseker broer Neels hier van ons dankbare waardering en liefde vir hom as persoon en ook van ons voorbidding vir hom en sy geliefdes in die beproewende omstandighede waarin die Here hom nou roep.
Inleiding
Tog voel ons, as gespreksgroep, in ons gewete gedring om te reageer en getuienis te lewer oor wat by die Sinode gebeur het toe die besluit oor die vrou in die amp geneem is. Die noodsaak vir hierdie getuienis is nie alleen dr Smit se artikel: Gaan die Dopperkerk skeur nie, maar ook ander artikels en briewe deur teologiese professors, predikante en lidmate wat onlangs in koerante en kerklike tydskrifte verskyn het. Wat hierdie artikels en briewe in gemeen het, is 'n simplistiese weergawe van die gebeure by die sinode. Hiervolgens het die sinode gebid en besluit, met die implikasie dat almal nou moet aanvaar dat die wil van die Here geskied het toe daar besluit is dat vroue nie as ouderlinge en predikante kan dien nie. Volgens dr Smit moet almal nou net “die troffels optel en aangaan”.
Ons getuig in hierdie dokument dat sake by die Sinode nie so 'n eenvoudige verloop gehad het nie, en dat afleidings dat die Here se wil geskied het nie sonder meer gemaak kan word nie.
Gebeure by Sinode 2009 toe die vrouebesluit geneem is
1) Na die afhandeling van die (twee-dae-lange) bespreking van die deputaterapport oor die vrou in die amp het die voorsitter van die sinode gereël dat elke afgevaardigde hom persoonlike verootmoedig en voorbidding doen vir die besluit wat nou geneem gaan word.
2) Die voorsitter het die orde verder so gereël dat daar direk na die voorbidding geleentheid sou wees om ’n voorstel oor die saak in te dien. Hy het bepaal dat hierdie voorstel as ’n ordevoorstel hanteer sou word. Geen verdere spreekbeurte sou toegestaan word nie, en die sinode sou in stilte per geslote stembrief oor die betrokke voorstel stem.
3) Die gebeure het inderdaad so verloop soos die orde gereël was. Na die voorbidding het die voorsitter gevra of daar ’n voorstel is. Ds HS Coetzee het ’n voorstel ingedien. Die voorstel het daarop neergekom dat die sinode die besluit oor hierdie saak (in die lig van jarelange studie en twee standpunte wat mekaar steeds nie kan oortuig nie) aan die plaaslike kerke oorlaat. Die besluit is gesekondeer deur ds PW Kurpershoek.
4) Die verwagting was dat die voorsitter die orde wat hy gereël het, sou handhaaf en dat daar sonder verdere bespreking dadelik per geslote stembrief oor hierdie voorstel tot stemming oorgegaan sou word.
5) En toe (vir ons onverklaarbaar) staan die voorsitter - teen sy eie reëling in - tog ’n spreekbeurt aan ’n bepaalde broer toe (wat die sinode as adviseur bywoon).
6) Die voorstel wat vervolgens deur hierdie broer ingedien is, was dat die saak na ’n kommissie verwys word. Hierdie kommissie het vergader en uiteindelik aanbeveel dat daar tussen die twee standpunte gestem moet word.
7) Die uitslag van die stemming (waarom moet dit ’n geheim wees?) was skynbaar 99 vir die vrou in die amp en 134 daarteen.
Ons reaksie op hierdie gebeure
1) Ons is verbaas oor die vrymoedigheid van die broer wat op só ’n ernstige oomblik, teen die voorsitter se reëling in, ’n spreekbeurt aangevra het, en is ewe verbaas oor die feit dat die voorsitter hierdie spreekbeurt toegestaan het.
2) Die “heiligheid van die oomblik” was vir ons daarmee heen toe gereël is dat die saak na ’n kommissie verwys word. Nie alleen omdat daar in stryd met die voorafbepaalde orde opgetree is nie, maar ook omdat ons gees in ons getuig het dat die eerste voorstel (dat die saak aan die plaaslike kerkraad oorgelaat word) van die Here afgebid was.
3) Derhalwe aanvaar ons nie dat die sinodebesluit waarvolgens vroue uit die amp geweer word, die wil van God is nie. (Hoewel ons erken dat die gebeure nie buite God se raad val nie.)
4) Terwyl ons bogenoemde gebeure betreur, wil ons aanvaar dat elke persoon wat daarby betrokke was volgens sy gewete opgetree het. Ons erken ook dat ons eie insig in die gebeure by nabaat makliker verwoordbaar is as tydens die gebeure self.
Die gevolg van die gebeure
1) Ons is oortuig dat die sinode verkeerd opgetree het deur ’n dwingende keuse te maak tussen twee standpunte wat as ewe Bybels, ewe Gereformeerd en ewe geldig beskou word. Deur die (lank-) bestaande polariteit tussen twee standpunte, by wyse van ’n stemming, op die spits te dryf, het ’n bepaalde magsuitoefening plaasgevind wat na ons mening nie Bybels verantwoordbaar is nie en wat negatiewe gevolge vir die kerkverband inhou.
2) Die werklike implikasie van bogenoemde besluit is dat die blote mening van 35 mans (eintlik net 18) bepalend is vir wat ongeveer 50 000 Gereformeerde vroue nie in die kerk mag doen nie. Dít, terwyl daar geen teks in die Bybel is wat hom oor hierdie saak uitspreek nie en terwyl die afleidings wat uit die Bybel gemaak is, nie algemeen oortuigend is nie.
3) Indien ’n dwingende besluit oor die vrou in die amp inderdaad bloot op grond van “die mening van die meerderheid” beslis moet word, sal dit meer geldig wees om elke belydende lidmaat van die GKSA geleentheid te gee om sy/haar stem oor die saak uit te bring.
4) Ons meen ook dat die sinode se besluit God in sy soewereiniteit aantas, daarin dat Sy vrymag misken word om sy gawes te gee aan wie Hy wil (1 Kor 12:1), en om persone amptelik te roep soos Hy wil (soos Hy ook in die OT gedoen het - Hulda, Debora ens).
5) Ons getuig dat ons deur hierdie besluit in ons gewete gebind voel deur ’n sinodale meerderheidstem, wat, na ons mening, nie “die wil van God” is nie. Derhalwe het ons begrip daarvoor dat verskeie van ons in die kerklike praktyk geroep voel om “God meer gehoorsaam te wees as mense” en dus kerkrade te lei om voort te gaan met die bevestiging van vroue as ouderlinge.
Gaan die Dopperkerk skeur?
Dr Neels Smit roep tereg in die bespreking van bostaande vraag die omstandighede met die ontstaan van die GKSA (150 jaar gelede) in herinnering. Die omstandighede stem inderdaad grootliks ooreen:
•	In beide gevalle was daar ’n saak waaroor daar lank verdeeldheid bestaan het. 150-jaar gelede was dit die Evangeliese Gesange, vandag is dit die vrou in die amp.
•	In beide gevalle was daar pleidooie dat die saak aan die plaaslike gemeente oorgelaat word. Ds Postma het só voor die sinode (1859) gepleit oor die gesange. Di Coetzee en Kurpershoek het só voor die sinode (2009) gepleit oor die vrou in die amp.
•	In beide gevalle het die betrokke sinodes hierdie pleidooie in die wind geslaan en dwingende besluite geneem op grond van hoofdelike stemming.
•	In beide gevalle ervaar lidmate hierdie besluite as magsuitoefening waardeur hulle gewete gebind word. Op 12 Januarie 1859 het 15 lidmate hiervan aan ds Dirk Postma kennis gegee en uit die gemeenskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk getree (die eerste tree oppad na die stigting van die GKSA). Ons kan daarvan getuig dat soortgelyke sentiment vandag onder lidmate bestaan.
Die vraag of die Dopperkerk gaan skeur, kan dus nie weggepraat word met bewerings dat die konteks van ’n sinodebesluit nie in ag geneem word nie, of dat mense eenvoudig nie verstaan hoe kerkregering werk nie. As die geskiedenis en die werklikheid in ag geneem word, flikker daar gevaarligte wat nie geïgnoreer kan word nie. In die praktyk ontwikkel die ontstaan van ’n nuwe kerk vandag moontlik anders en meer organies as 150 jaar gelede, maar in wese het die 2009 sinodebesluit oor die vrou in die amp ’n soortgelyke reaksie as destyds geïnisieer.
Die hoop vir voortgesette eenheid in die GKSA lê in die erkenning van bogenoemde realiteite en die verstandige bestuur hiervan. Om bloot die huidige vrouebesluit met ’n meerderheid van stemme by die volgende sinode om te keer, gaan nie die probleem oplos nie, en gaan presies dieselfde negatiewe reaksie (indien nie heftiger nie) in die kerkverband ontlok.
Eerder vroeër as later sal die vrouebesluit en die wyse waarop dit geneem is, nederig in heroorweging geneem moet word, en sal ernstig aandag gegee moet word aan die gewetensbinding van lidmate deur blote hoofdelike stemming. Wanneer die reg erken word om binne dieselfde kerkverband (na ernstige bestudering van die Skrif) van mekaar te verskil, en ons ook geleer het om (as ons mekaar nie kan oortuig nie) nie verder met mekaar “te stry” of mekaar “te veroordeel nie” (Rom 14:1,13) - dan is daar geen rede waarom  die GKSA nie steeds as een kerkverband onder die genadige sorg van God sy mooi en diensbare plek in God se koninkryk kan beklee nie.
GESPREKSGROEP 2009
(Die volgende lede van Gespreksgroep 2009 het aangedui dat hulle name by hierdie dokument gepubliseer mag word: Stephan Briel, Louis Buys; Human Coetzee, Piet Fanoy, Francois Kruger, Jaco Kruger, Wilhelm Leuschner, Jacob Pretorius, Riaan Rheeder, Werner Smit, Peet van den Berg, Willem van der Waal, Hendrik van Deventer, Wim Vergeer, Awie Verhoef, Peet Vermeulen)