|
Wednesday, 12 May, 2010, 16:49 - Sang en musiek
Posted by Annemarie
Jy het seker die afgelope jaar Sondae op die sangprojeksie gesien dat woorde of frases in ’n ander kleur verskyn. Dit is gemik op ’n meer moderne Afrikaanse weergawe van die Totius beryming. Posted by Annemarie
Die GK sang-deputate het die eerste proefuitgawe van die hersiene teks van die Totius-Psalms en Totius-Skrifberymings beskikbaar gestel vir kommentaar vanaf die gemeentes.Die strekking van die teks bly nog dieselfde, maar enkele woorde is meer verstaanbaar gestel,ander bygevoeg of weggelaat. Die Stellenbosch GK gemeente neem ook deel aan die toets-gebruik van hierdie hersiening, en terugvoering sal aan die deputate stuur word. Nie al die Totius-psalms wat gesing gaan word sal noodwendig die hersiene formaat wees nie. Voorlopige aanduidings van die nuwe formaat word gegee met die jaar 2009 bo of langs die teks. Waar woorde van die vorige Totius teks weggelaat is in hierdie proefuitgawe, sal dit met ‘n duidelik sigbare (-) aangetoon en veranderings in ’n ander kleur. Hierdie proefuitgawe se woordveranderings raak natuurlik nie die Cloete beryming van die Psalms nie, en ook nie die nuwer Skryfberymings nie.
Hoe voel jy oor die moontlike verandering? Voeg asb jou opinie (add comment) of stuur dit aan Jan du Plessis jjdp@sun.ac.za
1 comment
( 7 views )
| permalink
| 



( 2.8 / 6 )




( 2.8 / 6 )
|
|
Tuesday, 20 April, 2010, 16:28 - Algemeen
Posted by Annemarie
Tydens die Breë Kerkraadsvergadering van 18 April is daar aanbeveel om onderstaande brief ook deur te gee aan die gemeente. Die oorspronklike skrywe is 'n mediaverklaring van die Deputate vir Gesprek met die Owerheid van die Algemene Sinode (is ook in Engels beskikbaar), waarvan ds Cassie Aucamp die voorsitter is. Die brief is ook na die kantoor van die President gestuur.Posted by Annemarie
Die Skriba's
Kerke in ressort van Klassis Boland.
Namens u Klassisdeputate vir Owerheids- en Ekumeniese Sake stuur ons graag die onderstaande verklaring deur die Owerheidsdeputate van die Algemene Sinode aan u kerkraad deur. Dit sal waardeer word as u dit op een of ander wyse onder aandag van u lidmate kan bring.
OPROEP NA DIE MOORD OP MNR EUGENE TERRE'BLANCHE
Die onsinnige moord op Mnr. Eugene Terre'Blanchè onderstreep weereens hoe broos die demokrasie in ons land is. Hierdie enkele gebeurtenis ontketen gemoedere en beklemtoon opnuut hoe nodig ons die Here se genade het om in vrede en wedersydse begrip saam voort te leef. Hierdie tye toets die kwaliteit van ons Christenskap en eis dat ons Hom werklik sal navolg as Hy sê: "Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word (Mt 5:9).
In die lig van die Woord van die Here doen ons 'n beroep op verantwoordelike en nugtere optrede. Waar mnr. Terre'Blanchè juis oor die paasnaweek vermoor is, wil ons die aandag vestig op die woorde van ons Here Jesus aan Petrus die aand van sy gevangeneming: "Sit jou swaard in sy plek terug, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom." Laat ons waak teen die onsinnige spiraal van geweld en wraak wat duisendes vernietig. Ons pleit by alle landsburgers, spesifiek aanhangers van die AWB, om biddend na te dink oor die Here se opdrag in Romeine 12:18: "Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: "Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld," sê die Here."
Met spyt getuig ons teenoor die staatspresident, mnr. Zuma, dat hy tans ernstig nalaat om op 'n verantwoordelike wyse leiding te gee . Christene verwag op grond van die Bybel dat die leier van 'n land 'n voorbeeld moet stel om geweld ten alle koste te bestry. U huiwering om radikale individue en opruiende liedere in eie geledere te repudieer, lei tot die uitstuur van 'n dubbelsinnige boodskap na landsburgers met betrekking tot versoening, geweld en die oppergesag van die reg. U kan nie die noodsaaklike leiding neem vir nasiebou en vreedsame naasbestaan in Suid-Afrika, en terselfdertyd swyg wanneer u ondersteuners opruiende uitsprake uiter en liedere soos "Skiet die boer" sing nie. Enige vorm van haatspraak is strydig met die Skrif en ons land se Grondwet. Die feit dat die ANC liedere van haatspraak beskou as deel van sy historiese erfenis, laat vrae ontstaan oor die morele grondslag van die ANC.
Ons doen 'n beroep op alle Christene in Suid-Afrika om deur voorbeeld en voorbidding mee te werk tot vrede in ons land. Ons pleit by die regering om daadwerklik daarin verantwoordelike leiding te gee deur voorbeelde te stel om die gesag van howe te erken wat perke plaas op haatspraak sodat ons land nie in vlamme van haat geweld en moord vernietig word nie.
Ons doen ook 'n beroep op die regering om as dienaar van God baie ernstig nuwe en kreatiewe aandag te gee aan die beveiliging van plaasbewoners (Rom 13:1-7).
Verklaring uitgereik namens die Deputate deur:
Ds. Cassie Aucamp (Voorsitter)
082-377 1112
Dr. Nico Vorster (Skriba)
012-5432591
U Klassisdeputate het ook 'n skrywe ontvang van 'n aantal geloofsorganisasies wat kerke insluit. Dit handel ook oor die huidige gespanne toestand in ons land. Aangesien u deputate ook die opdrag het om u ingelig te hou oor plaaslike ekumeniese sake, sluit ons iets in die verband in: Die skrywe bestaan hoofsaaklik uit die aanhaal van 'n aantal Bybeltekste wat betrekking het op sake wat in die huidige gespanne klimaat in die brandpunt staan. Ons gee slegs die teksverwysings deur. U kan dit vir u eie doeleindes naslaan: Gebed vir jou vyand: Luk. 6: 27 en 28 Oor boosheid en vergelding: Rom 12: 17-21, Rom. 12:19, Mat.5:39, Rom. 2:1 Sake soos vuil taal, woede, die waarde van opbouende woorde en ook bitterheid, hartlikheid,en vergewensgesindheid word aangespreek in Ef. 4:30-32, Mat. 6:12-15, Mat. 18: 21-35,Luk. 23:34, Mat. 15:19 en Luk. 6:45, Ons stry 'n stryd teen bose magte (Ef. 6:45)
Dankie vir kennisname.
Ds Anton van Rensburg (Skriba, Deputate Owerheid en Ekumeniese Sake, Klassis Boland.)
Ds Rodney van Wyk (Sameroeper)
012-5432591
Per e-pos ontvang op 13 April 2010
|
|
Monday, 08 February, 2010, 15:31 - Algemeen
Posted by Johan
KERK IS VERHOUDINGEPosted by Johan
Strukture, besige skedules, aktiewe programme, klomp dinge aanbied => 'n oorvol jaarprogram. Is dit hoe ons kerke getipeer kan word?
Hoe kry ons meer mense betrokke? Meer organisasie!! Meer programme!! ....Regtig ?!?
* God is ons Vader -> verhouding
* Jesus noem ons sy broers -> verhouding
* Die Heilige Gees is ons Trooster en Leidsman -> verhouding
* Medegelowiges is broers en susters in die Here -> verhoudinge
Iemand sê dat kerke baie keer "PGO" kerke is: "Program Georiënteerde Ontwerp"
* Solank die programme aan die gang is en daar baie aktiwiteite is, is ons tevrede - die kerk is mos aktief.
* Feit is: Om 'n PGO kerk "aktief" te hou, d.w.s. om al die programme aan die gang te hou, is nie meer as 10-15% van die lidmate nodig nie.
KERK MOET VERHOUDINGS WEES
Verhouding met God, Verhouding met medegelowiges
Nie moets, moenies, baie dinge doen,
maar eerstens verhouding met die lewende God.
Nie mense alleen deel van programme maak nie
maar mense in verhoudinge met mekaar in Christus.
Ek wil by jou as persoon uitkom: Wie is jy? Wat gebeur in jou lewe? Hartseer? Vreugde? Moedeloos? Ons is deel van een liggaam - Sy liggaam.
Programme en strukture weggooi?? ... Nee!! .... Maar ja
* as programme nie kom vanuit verhoudings of soek na verhoudings nie.
* as programme verhoudings wurg.
* as programme verhoudingloos is.
Programme moet wees ter wille van verhoudings
Verhoudings: Mekaar liefhê, Mekaar se laste dra, Mekaar vermaan, Mekaar dien
maar ook dan: Verhouding met hulle wat soek: hulle wat Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe nie ken nie.
Belangrik, eerstens, primêr: VERHOUDINGE.
|
|
Wednesday, 18 November, 2009, 14:29 - Leivore
Posted by Johan
Terugvoer: Luisterende saamdink,saambid geleentheid Posted by Johan
Verlede Saterdag is daar onder leiding van die bedieningsleivoor saamgedink en gebid oor die bediening. Natuurlik is dit ‘n voortdurende proses waar elkeen se gedagtes, saambid, en saamdink belangrik is. Enkele gedagtes:
Stephan Joubert sê in sy boek “Radikale Jesus” dat kerke wat binne die uitdaging van ons tyd groei, is kerke wat:
- Eerder verhouding gedrewe as programgedrewe is.
- Eerder spontaan as gestruktureerd funksioneer.
- Eerder organies as bestuursgedrewe is.
Ons kan nie maar vassteek by vorme en die verandering van vorme nie, die dinge waaroor daar dikwels soveel debat gevoer word, dra dikwels weinig by tot ons groei in ons verhouding met God.
Dit is belangrik dat ons weet wat die groot dinge is wat ons as gemeente moet doen en fasiliteer, wat ons hoofdoelwitte moet wees.
Daarom is veral besin oor hoe ons as gemeente nog meer kan groei in ons verhoudinge:
- Ons elkeen se verhouding met God.
- Ons verhouding met mekaar in die gemeente.
- Ons verhouding met mense wat nie deel van die gemeente is nie.
Verhouding met God
?? - Beleef ons al hoe meer God as ons Vader en Leidsman?
Vertrou ek Hom al hoe meer in die dinge van my lewe?
Beleef ek meer die vrug van die Gees (liefde, vrede, vreugde, geduld, goedhartigheid, nederigheid, selfbeheersing, vriedelikheid, getrouheid) in my lewe
>> Om optimaal te kan groei in ons verhouding met God
- moet ons meer tye hê waar ek bewustelik stil (alleen) by God is, dalk ook meer stiltetye (gebed) in ons gesamentlike byeenkomste, en op kampe.
- het ons mekaar nodig as verskillende dele van dieselfde liggaam. Ek kan dus nie optimaal groei as ek my verhouding met God bloot my eie saak wil hou nie.
- Miskien kan ons daaraan dink om 2-2 of 3-3 verantwoordelikheid vir mekaar in besonder te neem, o.a deur vir mekaar te bid (geloofsbuddy’s)
- moet ons mekaar met meer vrymoedigheid uitvra oor hoe dit tans in jou verhouding met God gaan.
Verhoudinge met medegelowiges in gemeente
?? - Leef ons naby genoeg aan mekaar dat ons regtig insette kan gee in mekaar se lewe
Het jy ten minste 10 mense in die gemeente (nie familie) vir wie jy gaan SMS of vertel as jy ‘n nuwe kar gekoop het, ‘n krisis het, ’n goeie grappie gekry het, raadsoek, of moedeloos is.
Groei ons in die “lekker” van saamwees?
>> Om optimaal te kan groei in ons verhouding met mekaar:
- Moet ons in kleiner groepe, in nouer verhoudings met mekaar saamleef.
- Moet ons verby die vernislagie verbintenis kom en dinge met mekaar deel wat regtig saakmaak.
- Eredienste moet dalk uitgebou word om meer mekaarbediening tydens ons gesamentlike byeenkoms te laat realiseer
- Moet ons meer saam bid.
- Moet ons meer ruimte skep vir die verskeidenheid van mense en gawes wat God in die gemeente plaas.
- Meer kommunikeer oor van siekte, nood, vreugdes via epos en SMS
- Moet ons dink om eredienste (veral aanddienste) meer interaktief in te rig.
Verhoudinge met mense buite die gemente
?? - Staan ek in verhoudings met mense by my werk, spot, leef omgewing, sodat ek teenoor hulle kan getuig van wie God in my lewe is.
Watter armes, randfigure of eensames ken my op my naam omdat ek tans besig is om hulle te bedien en te ondersteun?
Hoe en waar beïnvloed ek mense doelbewus tov hulle siening oor God
>> Om optimaal te groei in verhoudige met mense buite die gemeente
- moet ons mekaar, tydens kleingroep geleenhede, wyksbyeenkoms, spesiale geleenthede, bemoedig en toerus om met vrymoedigheid te kan getuig waar ons werk en leef
- leer om te praat oor my geloof in ‘n veilige omgewing van ‘n kleingroep of wyk.
- meer mense nooi na aktiwiteite van die gemeente soos eredienste, kleingroepbyeenkomste en kampe.
- meer geleentheid gee vir getuienis tydens ons gesamentelike byeenkomste om mekaar te bemoedig oor wat die Here in ons lewens en werkomgewing doen.
- Daadwerlik uitreik, ook na ons onmiddelike omgewing
==>> Ons beleef verhoudinge! Ons wil dit nog meer beleef!
Ander sake wat genoem is waaroor ons ook in besonder verder moet saambid en dink is:
= Jeugbediening en katkisasie en die rol van ouers in die jeugbediening
= Dat ons insette kry van buite, (ander gemeentes en kerkverbande) oor hoe hulle prakties lidmate help om te groei
Ons kan saampraat en saambid oor wat ons as gemeente moet doen, maar as dit kom by die doen moet elkeen homself/haarself afvra wat moet ek doen om bg te laat realiseer.
Praat saam: met mekaar, via ouderling, Ds Johan, op blog.
Johan van Heyningen (nms Bedieningsleivoor)
|
|
Tuesday, 10 November, 2009, 14:41
Posted by Administrator
Posted by Administrator
Ek, die tot-nou-toe anonieme blog-administreerder, wil graag vir almal om verskoning vra dat ek so lanklaas iets nuuts op die blog gesit het. Ja, ek was relatief besig, maar dit is nie 'n verskoning nie. Ek sal meer in die blog kom insit.
Ek wil graag hoor by julle almal: wat wil julle hê van die blog? Watter tipe inskrywings is vir julle interessant en/of relevant? Moet dit 'n kennisgewing-bord rol speel, m.a.w. iewers waar mens kan kom kyk wat gebeur binnekort in die gemeente? Moet dit meer soos 'n besprekings-forum wees? Beide, of dalk iets anders?
Ek wil dit ook graag duidelik maak dat enige gemeente-lid meer as welkom is om ook inskrywings hier te kom opsit, oor enige onderwerp wat betrekking het op ons gemeente, die Gereformeerde Kerk, of enige iets anders wat vir julle interessant is. As jy graag iets op die blog wil kom sit, sal ek vir jou 'n gebruikersnaam skep met jou eie wagwoord, en dan kan jy self enige tyd inskrywings kom maak, of andersins kan jy dit wat jy graag wil opsit stuur aan "blog@gkstellenbosch", en dan sit ek dit graag namens jou op.
Hoe meer mense aktief kan betrokke raak by hierdie blog en sy inhoud, hoe beter!
|

Calendar



