Studente

Eerstejaarskamp 2017

Ons jaarlikse eerstejaarskamp vind DV van 16 tot 20 Januarie 2017 plaas.  Stuur ‘n e-pos aan eerstejaarskamp@gkstellenbosch.co.za vir ‘n inskrywingvorm.

A5 Flyer 2016

Studente in ons gemeeente

Daar is ongeveer 80 studente in ons gemeente; sommige uit die hartjie van die Karoo en ander sover as Bloemfontein, Pretoria, Natal en Namibië. Hulle funksioneer onder ‘n sytak van ons leivoor vir bediening naamlik GS2.

‘n Paar jaar gelede is ‘n koffiekamer aangebou waar Bybelstudie en Sondae-aande koffiedrink nou op ‘n weeklikse basis geskied. Kampe, toere en uitreike word jaarliks beplan.

Studente is ook by ander leivore van die gemeente betrokke. Die leivoor vir warmhartigheid het ‘n spesiale sytak van plaaslike lidmate wat as ‘aanneem ouers’ optree vir studente wat van baie ver af kom.

Vir meer inligting, kontak ons by: studente@gkstellenbosch.co.za

en besoek gerus ons Facebook groep: Stellenbosch Studente GS2 Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *