Gereformeerde Kerk Stellenbosch

Welkom

Die Gereformeerde Kerk Stellenbosch is in die hartjie van die dorp, digby die Universiteit geleë en behoort aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Lidmate bestaan uit permanente inwoners sowel as ‘n groot aantal studente. Ons glo in die Drie-enige God (God die Vader, die Seun en die Heilige Gees) en ons belydenis is gegrond op dié belydenisskrifte. Eredienste vind elke Sondag asook op Goeie Vrydag, Hemelvaart- en Kersdag plaas. Alle eredienste word deur Ds. Johan van Heyningen gelei, tensy anders aangedui. Ons doel is om ‘n leivoor van God se liefde vir mekaar, na die wêreld, tot eer van God en tot uitbreiding van Sy koninkryk te wees. Ons gemeente funksioneer deur ‘n stelsel van leivore wat verskillende dienste binne en buite die gemeente lewer (kyk onder Leivore).

Oggenddiens – 29 Januarie 2012, 09:00

Skriflesing: 2 Petrus 3:1-18

Preekteks: 2 Petrus 3:9

Hoofgedagte:

Die hoofbesigheid van die kerk.

Preekskema:

Wat moet ons as kerk doen? Waarmee moet ons onsself besig hou? God wil dat mense hulle moet bekeer. Ons word geroep om die groot opdrag uit te voer. Ons word geroep om mense te begelei in hulle verhouding met God. Daarom moet ons self groei in die geloof, as gemeente in eenheid en liefde funksioneer, toegerus wees om die hoofbesigheid van die kerk te kan volvoer.

Aanddiens – 29 Januarie 2012, 19:00

Skriflesing: Openbaring 2:18-29

Preekteks: Openbaring 2: 19-20; 24-25

Hoofgedagte:

Leef in genade vanuit God se genade … in alles.

Preekskema:

In die brief aan Tiatira word die gemeente geprys vir hulle liefde, geloof, diensbaarheid en volharding, maar hulle word vermaan omdat hulle ook deelneem aan sondige praktyke of dit toelaat. Christenskap behels die omhelsing en uitleef van God se genade in alle aspekte van jou lewe. Deur die krag van die Heilige Gees kan ons volhard.